Email This Print this page More...

Landelike Watersuiwering

 languages This article is available in: English | Afrikaans | Sotho | Zulu

Wat kan jy doen as jy nie ‘n watersuiweringseenheid het om rivierwater te suiwer nie? Daar is 5 maniere hoe jy jou water veilig kan maak om te drink:

Kook

Kookwater maak alle kieme in die water dood. 

  • Stap 1: Kook water in ‘n kastrol.
  • Stap 2: Laat afkoel.
  • Stap 3: Hou die gekookte water bedek met ‘n deksel of skoon doek om te verhoed dat dit deur vlieë en vullis besmet word. 

Voeg Bleikmiddel by 

Bleikmiddel het ‘n skerp reuk en bevat chloor wat skadelike kieme in die water doodmaak.

  • Stap 1: Koop ‘n bottel bleikmiddel by jou naaste winkel.
  • Stap 2: Voeg een teelepel bleikmiddel by 20 liter water.
  • Stap 3: Laat oornag, of vir minstens 2 ure staan.
  • Stap 4: Hou die water bedek met ‘n deksel of doek om vlieë en vullis uit te hou.

Jou water is nou veilig om te drink.

Voeg Jodium by 

Jodium maak ook kieme in water dood. Moet asseblief nie jodium gebruik as jy daarvoor allergies is nie.

  • Voeg 5 druppels (1 druppel = 0.05ml) jodium by een liter water.
  • Bedek die water met ‘n deksel of doek en laat vir 15 ure staan.
  • Indien die water melkerig is, filtreer dit deur ‘n skoon doek en verdubbel die dosis na 10 druppels per liter water.

Voeg Watersuiweringstablette by

Daar is ‘n verskeidenheid watersuiweringstablette beskikbaar. Dit kan van ‘n apteek of kampeerwinkel, gekoop word. Volg die instruksies op die pakkie noukeurig. Sodra die vullis onder-in die houer saampak, filtreer die water deur ‘n skoon doek. Die vuilheid sal op die doek agterbly. Maak seker dat die skoon water met ‘n deksel of doek bedek bly.

Son-ontsmetting

Vul ‘n deurskynende plastiekbottel met water en los dit vir 2 ure in die warm son. As die helfte van die bottel swart geverf is en op ‘n sinkplaat gesit word, word die verwarmingsproses versnel. Die kombinasie van warm water en ultraviolet-bestraling van die son, maak die meeste mikro-organismes dood. Dit is besonder effektief om die cholera bakterium te dood.
(Bron: “Exploring Water”, Umgeni Water, 1994; “Elan”, Medihelp, 2001; New Scientist Magazine, 2000)

See also

Water Pollution and Your Health
Substances Causing Pollution in Rivers
Water Borne Diseases